Muurbalklub sluit jaar af

From: 03 December 2011 at 15:00 PM

Until: at

Location: Louis Trichardt

Details:

Die Soutpansberg Muurbalklub in Louis Trichardt nooi oud en jonk na hul Algemene Jaarvergadering en jaarafsluiting op Saterdag, 3 Desember.

North Gate Lodge tree as gasheer op van die geleentheid met die dag se program wat reeds om 15:00 afskop met swem en kuier. Om 16:00 sal Kersvader besoek aflê, waarna die AJV om 17:00 sal begin. Vanaf 19:00 sal daar lekker saamgekuier en gebraai word.

‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Alhoewel die ete gratis sal wees vir lede, is die koste verbonde aan die ete vir nie-lede R50 vir gades en hoërskoolleerlinge en R25 vir laerskoolleerlinge.

Vir meer inligting, skakel Ronel by 084 581 4868 of skryf jou naam op die lys by die klub op indien jy die funksie wil bywoon.

Contact Person: Ronel

Tel: 084 581 4868

Email:

 

 

Go back to events

Upcoming Events