ADVERTISEMENT:

 
 

Wyle mnr. Hennie Breytenbach (69). Foto verskaf.

Hartseer ná nuus van Hennie se skielike dood

 

Die Soutpansberg-gemeenskap het die afgelope naweek met groot hartseer verneem van die skielike afsterwe van die welbekende mnr. Hennie Breytenbach.

Die 69-jarige Hennie het sowat drie weke gelede gegaan vir ‘n roetine mediese ondersoek. Tydens dié ondersoek het die kardioloog egter ernstige probleme met Hennie se hart geïdentifiseer en daar is besluit dat hy dadelik ‘n hartomleiding moes ondergaan.

Hennie was sedert die operasie in die intensiewe eenheid van Die Wilgers Hospitaal in Pretoria, nadat hy ná die operasie longontsteking opgedoen het. Hy is Sondagmiddag net na twee-uur aan nierversaking oorlede. “Ons wil regtig vir die personeel van Die Wilgers Hospitaal bedank vir die mooi manier waarop hulle my pa behandel het. Hulle is absoluut ongelooflike mense,” het Hennie se seun, Henno, Dinsdag gesê.

Hennie, ‘n boorling van die Musina-omgewing, en sy gesin het in 1992 die Bosveld verruil vir die Lichtenburg-omgewing. In 2000 het hulle egter teruggekeer na die Bosveld met die koop van die plaas Coniston in die Waterpoort-omgewing. Hier het hy en sy familie aktief as besproeingsboere geboer. Buiten vir sy bekendheid in boerderygeledere, het Hennie ook in die verlede talle sakebelange in Makhado (Louis Trichardt) gehad. Hy was ook vir lank ‘n baie aktiewe lid van die destydse Soutpansberg Kommando.

Wyle Hennie word oorleef deur sy vrou Linda, dogter Elnari, seun Henno en skoondogter Mari, dogter Lizel en skoonseun Ben Coetzer en drie kleinkinders (Marzel, HJ en Henko). Sy begrafnisdiens vind eerskomende Vrydag, 17 Oktober, om 11:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente plaas.

 

Date:17 October 2014

By: Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Read: 323

 

ADVERTISEMENT

 

ADVERTISEMENT:

ADVERTISEMENT:

 

Recent Articles

ADVERTISEMENT

 

Popular Articles